Idiome en Spreekwoorde : A (a - aa)



Van A tot Z
- Van begin tot end
a
Wie A sê, moet ook B sê.
- wie met 'n ding begin het, moet daarmee aanhou.
a / b
Hy hamer altyd op dieselfde aambeeld.
- Hy praat gedurig maar oor dieselfde onderwerp.
aambeeld / hamer
Dit kom nie daarop aan nie.
- Dit maak nie saak nie.
aan
Iets staan iemand nie aan nie.
- Iemand hou nie van iets nie.
aan / staan
Ek wil weet waar ek aan of af is
- ek wil weet wat my posisie is
aan / af
Af en aan.
- By tye
aan / af
Sy aand- en môrepraatjies stem nie ooreen nie.
- Hy bly nie by wat hy sê nie. Hy praat nie altyd eenders nie en verander sy sienswyse.
aand / môrepraatjies
Iemand se aandele styg/daal by iemand anders.
- Iemand kry 'n gunstiger/slegter indruk van iemand anders.
aandele
Iets aandik
- oordryf
aandik
Aangeklam wees
- (effens) dronk wees
aangeklam
Van aangesig tot aangesig met iemand praat
- 'n persoonlike gesprek met iemand voer
aangesig
Jou brood in die sweet van jou aangesig eet
- baie swaar 'n bestaan maak
aangesig / sweet / brood
Hoog by iemand aangeskrewe staan
- in iemand se guns wees
aangeskrewe / hoog
Aanhouer wen.
- Deur aan te hou, bereik 'n mens jou doel.
aanhouer / wen
As dit daarop aankom.
- As dit nodig mag wees.
aankom
Iemand nie aankyk nie.
- Nie aandag aan iemand gee nie / Iemand ignoreer
aankyk
Hoog in aansien wees
- Hooggeag wees
aansien
Iemand van aansien wees
- iemand wees wat hoë agting in die gemeenskap geniet
aansien
Sonder aansien des persoons
- sonder om onderskeid te maak op grond van mense se stand, besittings, vermoëns of wat ook al
aansien / persoons