Idiome en Spreekwoorde : O (on - ou)



Hy is 'n man van twaalf ambagte en dertien ongelukke.
- Hy pak alles aan, maar maak van niks 'n sukses nie.
ongelukke / ambagte
Die perke oorskry
- te ver gaan.
oorskry / perke
Dis net die oortjies van die seekoei
- wat aan ons bekend is, is slegs 'n baie klein deeltjie van die volle waarheid of die eintlike probleem
oortjies / seekoei
Oos wes, tuis bes
- in jou eie huis is jy die gelukkigste.
oos / wes / tuis
Moenie alles vir soetkoek opeet nie.
- moenie alles glo nie
opeet / soetkoek
Hy het pluisies in sy ore.
- Hy let nie op nie.
ore / pluisies
Hy is ouer as twaalf
- jy kan hom nie sommer fop nie.
ouer / twaalf
Jou ouma die paplepel leer vashou
- iemand iets probeer leer wat eintlik meer van die saak weet as jy.
ouma / paplepel