Idiome en Spreekwoorde : K (ka - ko)



Iemand rot en kaal steel
- al die besittings van iemand steel
kaal / rot / steel
'n Ou voël met kaf probeer vang
- 'n bedrewe persoon probeer kul
kaf / voël / vang
Almal of alles oor een kam skeer
- almal of alles op dieselfde manier behandel, sonder om enige onderskeid te maak
kam / skeer
Lyk soos 'n vlieg wat in karringmelk geval het
- spierwit aangetrek wees
karringmelk / vlieg
'n Padda in die keel
- hees wees.
keel / padda
Die pot verwyt die ketel (dat hy swart is)
- ander word berispe vir foute wat jy self maak.
ketel / pot / verwyt
Die kinders sit en tande tel
- die kinders sit en luister wat die grootmense praat.
kinders / tande
Hy klap uit die skool.
- Hy verraai geheime.
klap / skool
Jy sit soos 'n uil op 'n kluit
- jy sit daar so eensaam
kluit / uil
gaan 'n uiltjie knip
- gaan bietjie slaap
knip / uiltjie
Dis vinkel en koljander (die een is soos die ander)
- die twee dinge of mense is presies eenders (veral gesê van 'n identiese tweeling)
koljander / vinkel
Hy hou darem nog kop bo water
- hy sorg dat hy nie ondergaan nie
kop / water