Idiome en Spreekwoorde : W (wa - wi)



Voor op die wa wees
- vrypostig wees.
wa
Om die waarheid te sê, moet ek lieg
- ek kan werklik nie met sekerheid sê nie.
waarheid / lieg
Uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor
- klein kindertjies sê 'n ding soos hy is sonder om die waarheid te verbloem.
waarheid / suigeling
Die ronde waarheid
- die volle waarheid.
waarheid / ronde
Die beste stuurlui staan aan wal
- dis maklik om ander te kritiseer as jy nie in hul posisie is nie
wal / stuurlui
Hy kom nie warm by die water nie.
- Hy is uiters stadig.
warm / water
Hy dra water in 'n mandjie aan.
- Hy probeer wat onmoontlik is.
water / mandjie
Hy hou darem nog kop bo water
- hy sorg dat hy nie ondergaan nie
water / kop
Hy kom nie warm by die water nie.
- Hy is uiters stadig.
water / warm
Hy gee my 'n steek onder water.
- Hy sê my op indirekte wyse sleg.
water / steek
Die son trek water.
- Dit word laat.
water / son
Hy kan nie sien dat die son in 'n ander se water skyn nie
- hy is afgunstig
water / son
Dit staan soos 'n paal bo water
- dit is duidelik en ongetwyfeld
water / paal
Ons wik en weeg nog
- ons prakseer nog heen en weer voordat ons besluit
weeg / wik
Moenie ou skoene weggooi voor jy nuwes het nie.
- Moenie van 'n ou ding ontslae raak voor die nuwe daar is nie.
weggooi / skoene
Vra is vry en weier daarby
- jy mag wel enigiets vra, maar dit kan jou ook geweier word
weier / vra / vry
Aanhouer wen.
- Deur aan te hou, bereik 'n mens jou doel.
wen / aanhouer
Oos wes, tuis bes
- in jou eie huis is jy die gelukkigste.
wes / oos / tuis
Son in die weste, luiaard op sy beste
- as dit laat word, is die luiaard die fluksste
weste / son / luiaard / beste
'n Stok in die wiel steek
- iets verhinder; iemand dwarsboom.
wiel / stok