Idiome en Spreekwoorde : A (aa - am)



Aanstaltes maak
- voorbereidsels tref / met iets begin
aanstaltes
Iemand (in) sy/haar eer aantas.
- Iemand se naam kwaad doen.
aantas / eer
As die skoen jou pas, moet jy dit maar aantrek
- as jy skuldig is, moet jy dit wat gesê is maar op jouself toepas
aantrek / skoen / pas
Iets te veel aanvoor.
- Te veel onderneem
aanvoor
Iemand vir die aap hou.
- Iemand vir die gek hou.
aap
Jy lyk 'n mooi aap (om iets te doen)
- Jy sal dit nooit kan regkry nie.
aap
Die aap kom uit die mou.
- Nou is die geheim verklap, bekend.
aap / mou
Iemand aapstert gee
- Iemand 'n pak slae gee
aapstert
Jou klein aapstert!
- Jou klein bog!
aapstert
Dit lyk of die aasvoëls hom beetgehad het.
- Sy klere is stukkend
aasvoëls
Aan iemand se adres gerig
- spesiaal bedoel vir 'n bepaalde persoon
adres
Ek wil weet waar ek aan of af is
- ek wil weet wat my posisie is
af / aan
Af en aan.
- By tye
af / aan
Die spit afbyt
- die gevaarlikste of moeilikste werk (of die vuil werk) doen.
afbyt / spit
Agterbaks wees.
- Agter iemand se rug gaan.
agterbaks
Hy hou 'n agterdeur oop.
- Hy sorg dat daar 'n loskomkans is.
agterdeur
Die agterhoede dek.
- Waak teen 'n aanval van agter.
agterhoede
'n Agtermekaar kêrel.
- 'n Staatmaker.
agtermekaar
Agterstevoor suinig wees.
- Geld te bespaar op klein dingetjies en dan bestee aan onnodige dinge.
agterstevoor / suinig
Hy is 'n man van twaalf ambagte en dertien ongelukke.
- Hy pak alles aan, maar maak van niks 'n sukses nie.
ambagte / ongelukke