Idiome en Spreekwoorde : B (b - by)



Wie A sê, moet ook B sê.
- wie met 'n ding begin het, moet daarmee aanhou.
b / a
Dit sit my in die bed.
- Dit begryp ek nie.
bed
met die verkeerde been / voet uit die bed klim
- in 'n slegte bui opstaan
bed / been / voet
met die verkeerde been / voet uit die bed klim
- in 'n slegte bui opstaan
been / voet / bed
Steen en been kla
- baie kla
been / steen
Die strydbyl begrawe
- vrede sluit.
begrawe / strydbyl
'n Gegewe perd moet jy nie in die bek kyk nie
- 'n geskenk moet jy nie kritiseer nie.
bek / perd
Hy het die saak ter berde gebring
- Hy het die saak opgehaal
berde / saak
Son in die weste, luiaard op sy beste
- as dit laat word, is die luiaard die fluksste
beste / son / weste / luiaard
'n Bitter pil om te sluk
- 'n moeilike ding om te verwerk.
bitter / pil / sluk
Bloed kruip waar dit nie kan loop nie.
- Jy doen vir jou familie die meeste.
bloed
Aan die vrugte ken 'n mens die boom.
- Jou dade wys wie jy is.
boom / vrugte
Dis 'n goeie sluk op 'n bottel.
- Dis baie
bottel / sluk
Die breë pad
- die pad na die verderf.
breë / pad
My rug is breed
- ek kan baie laste dra; ek kan baie verdra
breed / rug
Jou brood in die sweet van jou aangesig eet
- baie swaar 'n bestaan maak
brood / sweet / aangesig
As die vlooie byt, moet jy krap.
- As dit nie anders kan nie, moet jy maar.
byt / vlooie