Idiome en Spreekwoorde : M (ma - mo)



Sy is uitgeknip haar ma
- sy lyk net soos haar ma
ma / uitgeknip
Twee harde stene maal nie.
- Twee hardkoppige mense kom nie goed oor die weg nie.
maal / stene
Die lewe is nie net rosegeur en maanskyn nie.
- Die lewe het ook maar sy moeilikhede.
maanskyn / rosegeur
Hy dra water in 'n mandjie aan.
- Hy probeer wat onmoontlik is.
mandjie / water
Vlerksleep by 'n meisie
- by 'n meisie kuier om haar liefde te wen
meisie / vlerksleep
Hy het die mistrap deur die vingers gesien.
- hy het toegelaat dat (die oortreding) gebeur, sonder om iets te doen
mistrap / vingers
Met 'n mond vol tande sit
- beteuterd sit en niks praat nie.
mond / tande
Hoe rooier hoe mooier
- rooi trek aandag.
mooier / rooier
Sy aand- en môrepraatjies stem nie ooreen nie.
- Hy bly nie by wat hy sê nie. Hy praat nie altyd eenders nie en verander sy sienswyse.
môrepraatjies / aand
Die aap kom uit die mou.
- Nou is die geheim verklap, bekend.
mou / aap