Idiome en Spreekwoorde : R (ra - ro)



Jou rammetjie-uitnek hou
- jou grootman, windmakerig of parmantig hou.
rammetjie / uitnek
Eie reg gebruik
- iets sonder wetlike goedkeuring doen.
reg
Hy is altyd links van die regering
- hy is altyd teen die stroom op
regering / links
Polities taamlik regs wees
- polities neig om konserwatief te wees
regs / polities
Daardie persoon is my regterhand
- daardie persoon is my belangrikste hulp, my troue steun.
regterhand
Iemand met twee regterhande
- iemand wat baie handig is.
regterhande
'n Renons in iemand of iets hê
- 'n groot teësin in iemand of iets hê.
renons
Die rieme neerlê
- weghardloop, die loop neem.
rieme
Hy sal sy rieme styfloop.
- Hy sal in die moeilikheid beland.
rieme
'n Riemtelegram
- 'n ongegronde gerug.
riemtelegram
Rinkink
- baljaar, te kere gaan.
rinkink
Rus roes
- van te veel rus versleg 'n mens
roes / rus
Daar is nooit 'n rokie nie of daar brand 'n vuurtjie / waar 'n rokie is, moet 'n vuurtjie brand
- in elke skinderpraatjie steek daar 'n greintjie waarheid
rokie / vuurtjie
Rome is nie in een dag gebou nie
- 'n groot werk kom nie in een dag tot stand nie
rome
Alle paaie lei na Rome
- 'n mens kan jou doel op verskillende maniere bereik.
rome / paaie
Die ronde waarheid
- die volle waarheid.
ronde / waarheid
Hoe rooier hoe mooier
- rooi trek aandag.
rooier / mooier
Daarvan sal die skoorsteen nie rook nie.
- Daarvan sal jy nie genoeg verdien om 'n bestaan te maak nie.
rook / skoorsteen
Die lewe is nie net rosegeur en maanskyn nie.
- Die lewe het ook maar sy moeilikhede.
rosegeur / maanskyn
Jou oor 'n dooie rot verheug
- oorhaastig bly wees oor iets
rot / verheug