Idiome en Spreekwoorde : V (vo - vy)



Voet in die wind slaan, jou uit die voete maak
- vinnig padgee, vlug
voet / wind
met die verkeerde been / voet uit die bed klim
- in 'n slegte bui opstaan
voet / been / bed
Vra is vry en weier daarby
- jy mag wel enigiets vra, maar dit kan jou ook geweier word
vra / vry / weier
Hoe meer siele hoe meer vreugde
- hoe meer mense daar is, hoe plesieriger gaan dit
vreugde / siele
Vroeg ryp, vroeg vrot
- kinders wat te gou grootword, is ook gou niks werd nie.
vrot / ryp
Aan die vrugte ken 'n mens die boom.
- Jou dade wys wie jy is.
vrugte / boom
Vra is vry en weier daarby
- jy mag wel enigiets vra, maar dit kan jou ook geweier word
vry / vra / weier
Daar sal paal en perk (aan hul vryheid ) gestel moet word
- (hulle vryheid) sal beperk moet word
vryheid / paal / perk
Hy lag in sy vuis.
- Hy lag stilletjies.
vuis / lag
Weet hoe die vurk in die hef steek
- presies weet hoe sake staan
vurk / hef
Hy is vuur en vlam vir die saak
- hy is baie geesdriftig vir die saak
vuur / vlam
Ek sit die naaste aan die vuur.
- Ek is in 'n bevoorregte posisie.
vuur
Jou vuurdoop deurstaan
- die moeilike aanvanklike toets slaag
vuurdoop / deurstaan
Daar is nooit 'n rokie nie of daar brand 'n vuurtjie / waar 'n rokie is, moet 'n vuurtjie brand
- in elke skinderpraatjie steek daar 'n greintjie waarheid
vuurtjie / rokie
Dis net 'n vyeblaar.
- Dis maar 'n voorwendsel om iets weg te steek.
vyeblaar