Idiome en Spreekwoorde : W (wi - wy)



Skouer aan die wiel gooi.
- daadwerklik optree
wiel / skouer
Ons wik en weeg nog
- ons prakseer nog heen en weer voordat ons besluit
wik / weeg
Die mens wik; God beskik
- die mens oorweeg wel hoe om dinge te doen, maar God bestier ons weë.
wik / god
Voet in die wind slaan, jou uit die voete maak
- vinnig padgee, vlug
wind / voet
Ons het 'n voëltjie hoor fluit / 'n windjie hoor waai
- ons het so iets gehoor
windjie / voëltjie
Groot lawaai, weinig wol (meer lawaai as wol)
- gesê van iemand wat baie praat, maar min doen.
wol / lawaai
'n Wolf in skaapklere
- 'n skynheilige mens.
wolf / skaapklere
Maak vir wolf skaapwagter
- gee 'n onbetroubare persoon die verantwoordelikheid
wolf / skaapwagter
Hy lê die vinger op die wond.
- Hy sê presies waar die fout lê.
wond / vinger
Hy voeg die daad by die woord.
- Hy doen dadelik wat hy gesê het.
woord / daad
Wors in 'n hondestal soek
- iets soek waar jy dit nie sal kry nie.
wors / hondestal
uithaal en wys
- wys waartoe jy in staat is
wys / uithaal
Deur skade en skande word 'n mens wys
- deur sware onder­vinding raak jy verstandig.
wys / skade / skande
Van jou wysie af raak
- gek word.
wysie