Idiome en Spreekwoorde : P (pe - pr)



Sonder aansien des persoons
- sonder om onderskeid te maak op grond van mense se stand, besittings, vermoëns of wat ook al
persoons / aansien
'n Bitter pil om te sluk
- 'n moeilike ding om te verwerk.
pil / bitter / sluk
Gee 'n man die pinkie, dan vat hy die hele hand
- gesê van iemand wat alles wil hê as jy hom iets gee.
pinkie / hand
Hy slaan sy hand aan die ploeg.
- Hy begin werk.
ploeg / hand
Hy het pluisies in sy ore.
- Hy let nie op nie.
pluisies / ore
Van 'n padda vere probeer pluk
- die onmoontlike probeer vermag
pluk / padda / vere
Dieselfde poeding met 'n ander sous
- dieselfde ding in 'n ander vorm.
poeding / sous
Polities taamlik regs wees
- polities neig om konserwatief te wees
polities / regs
Al is 'n pot nog so skeef, hy kry 'n deksel
- die lelikste mens kry tog iemand om mee te trou.
pot / skeef / deksel
Die pot verwyt die ketel (dat hy swart is)
- ander word berispe vir foute wat jy self maak.
pot / verwyt / ketel
Praatjies vul geen gaatjies nie
- met 'n blote gepraat rig 'n mens nie veel uit nie.
praatjies / gaatjies
Dis praatjies vir die vaak.
- Dis onsin.
praatjies / vaak
Is Saul ook onder die profete?
- skertsend gesê as jy iemand in 'n kring (veral in goeie geselskap) aantref waar jy hom nie verwag nie.
profete / saul
Hy pronk met anderman se vere.
- Hy spog met iets wat nie syne is nie.
pronk / vere
Ek verkoop dit vir dieselfde prys waarvoor ek dit gekry het.
- ek vertel dit net soos ek dit gehoor het
prys / verkoop