Idiome en Spreekwoorde : R (ro - ry)



Iemand rot en kaal steel
- al die besittings van iemand steel
rot / kaal / steel
My rug is breed
- ek kan baie laste dra; ek kan baie verdra
rug / breed
Iemand in die rug steek
- iemand in die geheim benadeel.
rug / steek
Iemand rugsteun
- iemand sterk ondersteun
rugsteun
Rus roes
- van te veel rus versleg 'n mens
rus / roes
Vroeg ryp, vroeg vrot
- kinders wat te gou grootword, is ook gou niks werd nie.
ryp / vrot