Idiome en Spreekwoorde : S (sk - sl)



Ver van jou goed, naby jou skade
- as jy nie naby jou besittings is om 'n ogie daaroor te hou nie, word dit deur ander mense verniel.
skade / ver
Deur skade en skande word 'n mens wys
- deur sware onder­vinding raak jy verstandig.
skande / skade / wys
Al is 'n pot nog so skeef, hy kry 'n deksel
- die lelikste mens kry tog iemand om mee te trou.
skeef / pot / deksel
Almal of alles oor een kam skeer
- almal of alles op dieselfde manier behandel, sonder om enige onderskeid te maak
skeer / kam
'n Tong soos 'n skeermes
- bitsig en kwetsend in jou gesprekke wees
skeermes / tong
As dit pap reën, moet jy skep
- benut die geleentheid terwyl dit daar is.
skep / pap
As die skoen jou pas, moet jy dit maar aantrek
- as jy skuldig is, moet jy dit wat gesê is maar op jouself toepas
skoen / pas / aantrek
Hy weet waar die skoen hom druk.
- Hy ken sy eie moeilikhede.
skoen
Moenie ou skoene weggooi voor jy nuwes het nie.
- Moenie van 'n ou ding ontslae raak voor die nuwe daar is nie.
skoene / weggooi
Die stoute skoene aantrek.
- dapper iets aandurf.
skoene / stoute
Skoenmaker, hou jou by jou lees
- bepaal jou by dit waarvan jy iets weet en moenie jou bemoei met dinge waarvan jy geen benul het nie
skoenmaker / lees
Die skone geslag
- die vrou
skone
Hy klap uit die skool.
- Hy verraai geheime.
skool / klap
Daarvan sal die skoorsteen nie rook nie.
- Daarvan sal jy nie genoeg verdien om 'n bestaan te maak nie.
skoorsteen / rook
Skouer aan die wiel gooi.
- daadwerklik optree
skouer / wiel
Daar is iewers 'n skroef los
- daar skort iewers iets
skroef
'n Skuifmeul kry
- 'n kans kry om uit die moeilikheid te kom
skuifmeul
Met vlieënde vaandels slaag
- met groot sukses slaag
slaag / vlieënde / vaandels
Slaags raak
- baklei
slaags
Dis 'n goeie sluk op 'n bottel.
- Dis baie
sluk / bottel